
Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Adonai: Wanneer God Mý Here Word | Die Name van God – Deel 4
Adonai beteken “my Here”—maar wat beteken dit werklik om aan God te behoort en Hom as Here van jou lewe te vertrou?In hierdie boodskap kyk ons na mense soos Abraham, Moses, Dawid en Jesaja en ontdek ons hoe hulle Adonai ontmoet het: aan die einde van hulself, te midde van onsekerheid, oorweldig deur God se goedheid en gereed om te sê: “Hier is ek, stuur my.”Die krag lê nie bloot in die gebruik van God se Naam nie, maar in ’n ware verhouding met die Persoon agter die Naam. Of jy voel dat jou probleem te groot is, dat jy nie goed genoeg is nie, of dat jy reeds te veel foute gemaak het—Adonai bly jou Here.Mag hierdie boodskap jou help om God nie net beter te verstaan nie, maar Hom dieper te leer ken, volkome te vertrou en jou lewe opnuut aan Hom oor te gee.-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro11:37 Abraham – Wanneer ek op die einde van myself is15:44 Moses – Wanneer al wat ek het onvermoë is21:46 Dawid – Wanneer ek oorweldig is met wie God is 30:45 Jesaja – Wanneer God my roep-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------#Adonai #DieNameVanGod #MyHere #Jesus #Preek #Geloof #TygerbergGesinskerk

