
Episode #3493
Geduldig Maar Magtig
Send us Fan Mail Nahum 1:3 "Die Here is lankmoedig, maar Sy krag is groot, en Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete. Dit is snaaks hoe graag ons reg en geregtigheid wil sien - maar net nie wanneer ons fouteer nie. Wanneer mense óns te na kom, wil ons hê God moet dadelik ingryp. Maar wanneer óns droogmaak, wil ons hê Hy moet wag. Hy moet verstaan. Hy moet ons ’n bietjie kans gee. Dit is nogal selfsugtig, nè? Hierdie spanning - genade vir my, maar straf vir hulle - is so oud soos die mensdom self. Dit is presies waaroor dit hier gaan in: Nahum 1:3 : Die Here is lankmoedig, maar Sy krag is groot, en Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete. Die profeet Nahum het hier gepraat oor die magtige Assiriese Ryk. Hulle was bekend vir hul verskriklike wreedheid en onderdrukking. God het hulle op vorige geleenthede gebruik om sy eie volk te dissiplineer, maar nou was dit tyd vir geregtigheid. God was nie van plan om hulle geweld vir altyd te ignoreer nie. En tog herinner Nahum ons daaraan dat God lankmoedig is. Hy hou geregtigheid en barmhartigheid in perfekte balans. Dit is iets waarmee óns sukkel. Kom ons wees eerlik: Ons veroordeel ander vinnig, maar verskoon onsself maklik. God werk nie so nie. Sy geregtigheid is heilig en sy barmhartigheid is geduldig. So, voor jy vandag geregtigheid van God eis vir dit wat aan jou gedoen is, stop net vir 'n oomblik. Dank Hom eerder vir sy barmhartigheid teenoor jóú. Want dieselfde Hand wat die kwaad oordeel, reik ook vandag uit om te vergewe. Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY

